Verlede maand se begrotingsrede het minimale veranderinge in persoonlike belastingtabelle, belastingkoerse van trusts, maatskappye en BTW tot gevolg gehad, net om ’n paar te noem. Daar was egter heelwat veranderinge aan die wysigingswette wat ’n impak sal hê op die wyse waarop belastingbetalers belasting betaal en belastingaanspreeklikhede bereken word.
Hierdie maand gaan ons na sommige van hierdie veranderinge kyk:
Gegewe die sukses van die ETI-skema, is dit met ’n verdere 10 jaar verleng tot
28 Februarie 2029 en die kwalifiserende inkomste grense is vanaf 1 Maart 2019 opwaarts aangepas.
Die nuwe belastingtabelle is vir u gerief ingesluit:
Maandelikse vergoeding (R) | Per maand gedurende die eerste 12 maande van indiensneming | Per maand gedurende die opeenvolgende 12 maande van indiensneming |
0 – 1 999 | 50% van maandelikse vergoeding | 25% van maandelikse vergoeding |
2 000 – 4 499 | R1 000 | R500 |
4 500 – 6 499 | R1 000 – (0.5 x (maandelikse vergoeding – R4 500)) | R500 – (0.25 x (maandelikse vergoeding – R4 500)) |
6 500 – en meer | Nul | Nul |
2. Fondse bestuur deur bedingingsrade[i]
Verlede jaar het die SAID toegeslaan op bedingingsrade wie se belastingnakomingstatus nie voldoende was nie omdat bevind was dat hierdie bedingingsrade nie namens die werknemers in hierdie sektor LBS oorbetaal het nie. Die SAID het ’n belastingverligtingsplan ingestel vir hierdie bedingingsrade waarvolgens hulle voor einde September 2018 10% van alle uitstaande LBS moes betaal.
Vanjaar is die fokus op die werkgewer bydraes namens die lede van die bedingingsrade en die wysigings is van krag vanaf 1 Maart 2019.
3. Kripto-geldeenhede
Die definisie ingevolge artikel 1 van die Inkomstebelastingwet is gewysig om kripto-geldeenhede as ’n finansiële instrument te klassifiseer (enige transaksies in kripto-geldeenhede is nou ‘n finansiële instrument). Daarbenewens sal belastingbetalers wat handel dryf met kripto-geldeenhede (soos bitcoins) nou as ’n verdagte bedryf beskou word, wat verband hou met artikel 20A van die Inkomstebelastingwet en handel oor die omheining van aangeslane verliese.
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat artikel 20A slegs van toepassing is op belastingbetalers wat belasting teen die marginale koers betaal, tans 45%. Indien jy dus nie belasting teen die marginale koers betaal nie, hoef jy nie bekommerd te wees oor die omheining van aangeslane verliese wanneer jy in kripto-geldeenhede handel dryf nie.
Twyfelagtige skuld toelaag[ii]
Vir maatskappye wat nie die IFRS 9-rekeningkundige standaard vir finansiële verslagdoeningsdoeleindes gebruik nie, is die Wet gewysig om die twyfelagtige skuld toelaag te bereken as:
Die toelaag moet nog in die volgende jaar van aanslag teruggetel word.
Die Kommissaris kan, op aansoek van ’n belastingpligtige, ’n wysiging uitvaardig dat die 40% tot 85% verhoog kan word na oorweging van:
Die effektiewe datum van die wysiging is vir die jare van aanslag wat op of na
1 Januarie 2019 begin.
5. Suid-Afrikaanse belastingbetalers en die vrystelling van buitelandse indiensnemingsinkomste
Vanaf 1 Maart 2020 sal Suid-Afrikaanse inwoners wat meer as 183 dae in diens buite die land spandeer, onderhewig wees aan Suid-Afrikaanse belasting op enige buitelandse indiensnemingsinkomste wat R1 miljoen oorskry.
Indien u dus in die buiteland werk en R1,5 miljoen per jaar verdien, is die maksimum bedrag wat moontlik belasbaar sou word, R500 000, onderhewig aan die normale belastingtabelle vir individue.
Moenie huiwer om ons te kontak (tax@asl.co.za of 021 840 1600) as u enige vrae het oor die wetswysigings of indien u wil hê dat u belastingsake hersien moet word nie. Ons wil graag met u praat om te bepaal hoe ons hierdie behoeftes kan aanspreek.
[i] Nuwe paragrawe 2(m) en 12E van die Sewende Bylae
[ii] Artikel 11(j) van die Inkomstebelastingwet, No 58 van 1962